JOIN OUR MAILING LIST |
+ Moet ons die hele Bybel lees en bestudeer? Ja, want die HELE Skrif is deur Elohiem (God) ingegee! Die hele Skrif is deur Elohiem (God) ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van Elohiem (God) volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Timótheüs 3:16, 17) + Moet ons meer as een Bybelvertaling lees? Ja, want Elohiem (God) is wakker oor Sy Woord (Jeremia 1:12) en dit sal gaaf wees as elke ware gelowige waarlik die Woord van Elohiem (God) lees, bestudeer en ondersoek. Leer om so veel as moontlik Bybelvertalings met mekaar te vergelyk en vra die Heilige Gees (Jahruach) om die hele waarheid (Johannes 16:13) aan u te openbaar. Gebruik ook bronne soos 'e-Sword' en delf dieper in die oorspronklike tale van die Bybel (bv. Hebreeus en Grieks) om meer betekenisvolle Bybelstudie te doen en om 100% in lyn met die Woord te kom. + Watter Bybelvertaling(s) is beter om te lees en waarom? Afrikaans - Ou Afrikaanse Vertaling (OAV) - 1933/53. Engels - King James Version (KJV). Oor al die jare heen het daar al so baie verskillende Bybelvertalings verskyn en ongelukkig het ons die oorsprong of krag van die ware Skrif van Elohiem (God) verloor, want mense verander aan die Bybel nes hul wil. U moet ook verstaan dat die Jode (Edom) 'n groot rol hierin speel. Die beste Afrikaanse vertaling is beslis die OAV en die beste Engelse vertaling die KJV! U moet eintlik hierdie twee vertalings ook vergelyk met die oorspronklike tale, deur 'e-Sword' te gebruik. + Aan wie is die Bybel geskrywe en deur Wie? Die hele Skrif (Bybel) is 'n 'liefdesbrief' van die Almagtige aan Sy volk Israel. Dit is meer as net 'n 'liefdesbrief', want dit vertel meer as net "liefde, liefde, liefde" (van die môre tot die aand). Die Bybel bevat byvoorbeeld ook oorlogverhale, wette, verordeninge, verbonde, beloftes, ens. Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; aan wie die vaders behoort en uit wie die Messiah (Christus) is na die vlees - Hy wat oor alles is, Elohiem (God), lofwaardig tot in ewigheid! Amen. (Romeine 9:4, 5) Die hele Skrif is deur Elohiem (God) ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van Elohiem (God) volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Timótheüs 3:16, 17) En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van Elohiem (God) gespreek. (2 Petrus 1:19 - 21) + Is Elohiem (God) veranderlik en kan Sy Woord verander? Nee, want Hy is getrou, regverdig en volmaak, en Hy sal altyd Sy Woord hou! Jahshua (Jesus) Messiah (Christus) is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. (Hebreërs 13:8) Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. (Jakobus 1:17) Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titeltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. (Matthéüs 5:18)
+ Aan wie behoort die Ou Testament / Ou Verbond? Aan Israel, die volk van JAHWEH ELOHIEM. Die hele Ou Testament handel oor sake tussen JAHWEH ELOHIEM en Sy volk Israel. En Ek sal My verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n Elohiem (God) te wees en vir jou nageslag ná jou. (Génesis 17:7) En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n Elohiem (God) wees. (Génesis 17:8) Verder het Elohiem (God) aan Abraham gesê: Maar jý moet My verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag. (Génesis 17:9) + Aan wie behoort die Nuwe Testament / Nuwe Verbond? Aan Israel, die volk van JAHWEH ELOHIEM. Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH (die HERE), dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie - My verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek JAHWEH (die HERE). Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek JAHWEH (die HERE): Ek gee My wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n Elohiem (God) wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. (Jeremia 31:31 - 33) Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH (die Here), dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond tot stand sal bring, nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by My verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek JAHWEH (die Here). Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek JAHWEH (die Here): Ek sal My wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle 'n Elohiem (God) wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. (Hebreërs 8:8 - 10) En ook die Heilige Gees (Jahruach) gee aan ons getuienis; want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek JAHWEH (die Here) verder: Ek sal My wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. (Hebreërs 10:15 - 17) Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; aan wie die vaders behoort en uit wie die Messiah (Christus) is na die vlees - Hy wat oor alles is, Elohiem (God), lofwaardig tot in ewigheid! Amen. (Romeine 9:4, 5) + Waar kan ons Die Skrif aankoop of enige ander van Ds Willie Smith se boeke? Lewende Hoop Bedieninge is deur Ds. Willie Smith, net voor sy afsterwe, oorgegee aan Ds. Frans Joubert. Vra 'n vraag
|
Terug | Terug na bo |